PINKSTER AANLYN EREDIENSTE:
Sondag 16 Mei 2021:
Maandag 17 Mei 2021:
29 Julie 2018 Ds André Agenbag Familiediens |
Posted by Administrator (dbvgadmin) on Jul 31 2018 |
29 Julie 2018 Durbanville Gemeente: Familiediens
Psalm 2
Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek
Inleidend: Die Spieël en Die Psalms
Spieël: Ons kyk hoe ons lyk: Mense gebruik ‘n spieël om te grimeer, hare te kam of te skeer. Om te kyk vir ‘n nuwe plooi of ‘n moesie.
Psalms: Waar ons in spieël kyk om te sien hoe ons lyk, kyk ons in die Psalms om uit te vind wie ons is.
Die Psalms maak ons bewus van ons hartseer, sonde en vreugde. Ons gebruik die Psalms om ons voor God te stel – so eerlik en deeglik as moontlik.
Die Psalms is poësie en gebed
Die Psalms is ALTYD poësie en gebed. Wie die Psalms wil lees, geniet en daaruit groei, moet dít altyd in gedagte hou.
Poësie:
In my eerste Afrikaans-Nederlandse klas op Universiteit het Professor Humphrey Durandt Psalm 1 met ons behandel as ‘n voorbeeld van wat poësie regtig is. Poësie is taal wat met groot intensiteit en digtheid gebruik word. Dit is taal wat nie bloot as versiering gebruik word nie. Nee, digters leer ons om raak te sien omdat ons oë begin verstar het omdat ons soveel staar sonder om regtig te sien. Digters leer ons om regtig te luister, met gespitste ore, omdat ons te veel geraas en geklets hoor. Poësie trek ons in tot by die kern, die hart van ons bestaan – dít wat regtig saakmaak.
Gebed:
Gebed is die taal wat ons gebruik in verband met God. Deur gebed gee ons uitdrukking aan wat ons ervaar, maar in die teenwoordigheid van God. Deur gebed gee ons uitdrukking aan wat ons graag of ten diepste wil hê, maar voor en in die teenwoordigheid van God. Gebed vereis dat ons God ontmoet, met God te make kry, met God praat en nie bloot van God praat nie. Gebed konfronteer ons as’t ware met God. Deur gebed reageer ons op wie God is en wat God doen.
Gebed is om aandag te gee aan God – om te reageer op God
Ons lewens is so gejaagd en daar is soveel afleiding, dat ons meer as dikwels meer aan ander dinge aandag gee, as aan God. Psalms 1 en 2 is nie soseer gebede nie; maar eerder die voorbereiding tot gebed. Dit wil ons leer dat die bedding waarin ons gebedplantjies of bome geplant is, is om aandag te gee aan God. Om te reageer op God. Om ons diepste aandag nie te laat aflei, verdeel en versplinter deur die gejaagde en angstige roepstemme van die wêreld nie; maar deur die rustige, dieptes van God. Die samestelling van die Psalmbundel is alreeds ‘n aanduiding van die feit dat die Psalms gebede is wat reageer op God altyd die eerste woord het – God wat met ons praat.
Die Psalmbundel is onderverdeel in vyf boeke
Boek I - Psalms 1-41
Boek II - Psalms 42-72
Boek III - Psalms 73-89
Boek IV - Psalms 90-106
Boek V - Psalms 107-150
Maar daar is ook ‘n ander, bekende Bybelboek wat onderverdeel is in vyf boeke: Die Wet van die Here wat die eerste vyf boeke van die Hebreeuse Bybel (Ou Testament) uitmaak.
Die Wet onderverdeel in vyf boeke
Boek I - Genesis
Boek II - Eksodus
Boek III - Levitikus
Boek IV - Numeri
Boek V - Deuteronomium
So, hoe hou die Psalmbundel en die Wet, met onderskeidelik vyf boeke elk, met mekaar verband?
Twee hande met vyf vingers elk wat ineengevleg is: Die Wet en die Psalms
Deur die Wet / die Woord praat God met ons. Deur die Psalms antwoord ons. Praat ons met God. Gebed is dus altyd die TWEEDE woord. Gebed is om te antwoord op God. God PRAAT met ons deur die Wet en deur die Woord. Ons ANTWOORD deur gebed. God neem die inisiatief. Die begin van gebed is dus om te luister en om aandag te gee aan God. En DAN is gebed ons antwoord of respons op God. ‘n Mens sou die Wet en die Woord kon aanvul met die natuur, mense en gebeurtenisse as maniere waarop God met ons praat. Maar dit verg van ons om aandag te gee aan God en dit waarmee God besig is. Om geloofsonderskeiding aan die dag te lê ... sodat ons met ons lewens en deur gebed kan antwoord op God.
Samehang van Psalms 1 en 2
Psalm 1:
Psalm 2:
waarom smee die nasies planne –
(4) Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle
(5) Hy spreek hulle aan in sy toorn, in sy gramskap jaag Hy hulle op loop:
(6) “Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.”
Verse 7-9:
(7) Ek wil vertel wat die Here aangekondig het.
Hy het vir my gesê: Jy is my seun, van vandaf af is Ek jou Vader.
(8) Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.
(9) Jy sal hulle verpletter met jou ystersepter, hulle flenters slaan soos ‘n kleipot.
(10) Wees dan nou gewaarsku, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde!
(11) Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig
{LW: Die Here; nie die koning in die eerste plek nie. Die HERE is Koning}
(12) en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou.
Last changed: Jul 31 2018 at 10:57 AM
Back