Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Lees preke

18 Augustus Dr Tinus van Zyl Klassieke Diens

Posted by Administrator (dbvgadmin) on Aug 19 2019
Lees preke >>

Klassieke diens: Doop

18 Augustus 2019

Hebreërs 11:29 – 12:3

Merve en Marize

In hierdie week, het ek en Merve en Marize lekker gesels oor Ruben se doop en sommer net ook oor die lewe in die algemeen. Ons het gesels oor hoe ‘n mens bly volhard – in jou werk, as ‘n ouer, in jou huwelik, wanneer dit voel asof die wêreld sy absolute bes doen om elke struikelblok in jou pad te gooi.

Wedloop

Hebreërs vergelyk die lewe met ‘n wedloop waarin ons moet volhard. Maar die wedlope van daardie tyd was nie die kliniese, mooi atletiekbyeenkomste soos wat ons dit vandag ken nie.

Die wedlope van daardie tyd was dalk nader aan ‘n bloeddorstige geveg in die Kolosseum, waarin jy teen gewelddadige opponente en wreedaardige diere moes veg vir jou lewe, terwyl jy jou wedloop hardloop.

Miskien voel ons ook party dae asof die wedloop van die lewe soos ‘n geveg in die Kolosseum is.

Idilliese prentjie

Na ons gesprek, terwyl ek en Merve na die motor toe stap, sê hy vir my dat toe hy ‘n kind was het hy amper ‘n onskuldige, idilliese prentjie gehad van die lewe – min wetend hoe rof dinge in hierdie lewe kan raak, min wetend dat elke mooi en goeie ding in die lewe behels ook ‘n reuse stryd, vol terugslae, teleurstellings en pyn.

Hoe lyk hoop?

So, hoe lyk hoop in so ‘n wêreld? Wat kan ‘n mens glo in hierdie wêreld? Wat is die toekomsdrome wat ons vir ons kinders en kleinkinders kan koester en ook vir hulle kan oorvertel, sodat hulle kan volhard in hulle lewenstryd, as die lewe en die wêreld dan so gevaarlik en uitdagend is?

Les Misrables

Een van die diepste en mees aangrypende uitbeeldings van wat Christelike geloof en hoop in hierdie wêreld behels, kry ‘n mens in die musiekblyspel, Les Misérables, gebaseer op een van die beste boeke van die 19de eeu, Les Misérables – die misrabeles – deur die Franse skrywer Victor Hugo, wat van 1985 tot 2019 in West End van London opgevoer word. 

Rebellie

Die verhaal word vertel teen die agtergrond van die rebellie in Parys van 1815 tot 1830. Die boek het verskeie filosofiese en teologiese tema’s wat aangespreek word, saam met skerp sosiale kommentaar oor die onreg teenoor die armste in die samelwing, die geringstes, die magteloses – die misrabeles.

Tema van Hoop

Maar die tema wat my seker die diepste getref het in hierdie verhaal, was die worsteling van hoop in ‘n wêreld waarin soveel mense – veral die geringes, veral die armes – nooit die vervulling sien van die toekomsdrome wat hulle gekoester het nie.

Cosette

Die klein weeskind, Cosette, wie se gesig die ikoniese embleem van die stuk is, word groot onder die toesig van geldgierige voogouers wat ‘n oornaghuis bestuur. En terwyl die kleine Cosette gedwing word om die morsige vloere van die oornaghuis te vee, sing sy oor haar droom van ‘n kasteel in die wolke:

Castle on a cloud

There is a castle on a cloud
I like to go there in my sleep
Aren't any floors for me to sweep
Not in my castle on a cloud

There is a lady all in white
Holds me and sings a lullaby
She's nice to see and she's soft to touch
She says Cosette I love you very much
I know a place where no one’s lost
I know a place where no one cries
Crying at all is not allowed
Not in my castle on a cloud

Droom word verwoes

Maar hierdie onskuldige drome van ‘n kind, word deur die harde werklikhede van die wêreld verwoes. Dit hoor ons in die bekende lied – I dreamed a dream.

Fantine

Dit word gesing deur Cosette se ma, Fantine. Sy het die bietjie geld wat sy met haar werk in ‘n fabriek verdien het, vir haar buite egtelike kind, Cosette gestuur. Maar toe sy haar werk onregverdiglik verloor, eindig sy in ‘n lewe van prostitusie en moet sy selfs haar hare verkoop om te kan oorleef. Kort voor haar vroeë dood, sing sy hierdie hartverskeurende lied, - I dreamed a dream – waarna ons nou gaan luister:   

Video: I Dreamed a Dream Full Version

             https://www.youtube.com/watch?v=dmHcDWrMH-8

There was a time when men were kind
When their voices were soft
And their words inviting
There was a time when love was blind
And the world was a song
And the song was exciting
There was a time

Then it all went wrong

I dreamed a dream in times gone by
When hope was high and life worth living
I dreamed, that love would never die
I dreamed that God would be forgiving
Then I was young and unafraid
And dreams were made and used and wasted

There was no ransom to be paid
No song unsung, no wine untasted

But the tigers come at night
With their voices soft as thunder
As they tear your hope apart
As they turn your dream to shame
He slept a summer by my side
He filled my days with endless wonder
He took my childhood in his stride
But he was gone when autumn came
And still I dream he'll come to me
That we will live the years together
But there are dreams that cannot be
And there are storms we cannot weather
I had a dream my life would be
So different from this hell I'm living
So different now from what it seemed
Now life has killed the dream
I dreamed

Life has killed the dream

“Now life has killed the dream I dreamed.” Dit is ‘n skrikwekkende sinnetjie, en een wat so algemeen is. Dit staan, om die waarheid te sê, aan die hart van die menslike kondisie – die feit dat die lewe nie uitwerk soos ons gedink het nie.

Waarin vind ons hoop?

En dan is die vraag: waarin vind ons ons hoop? Hoe bly ons volhard, hoe hou ons aan om te stry en te veg vir dit waarin ons glo, as dit lyk asof ons strewes en verwagtinge nooit volledig vervul sal word nie?

Volle prentjie

Een perspektief, ‘n pespektief wat Hebreërs ook gee, is dat ons in gedagte moet hou dat ons lewens nooit die volle prentjie is nie. Al sien ons nie in ons leeftyd die vervulling van ons hoop en geloof nie, kan ons steeds daarvoor stryf en veg, want dit mag dalk eers in ‘n volgende of ‘n volgende of ‘n volgende generasie tot vervulling kom.

‘n Groter saak

In ‘n gesprek later in die verhaal van Les Mis kom hierdie gedagte na vore: om jou lewe te gee vir ‘n groter saak. Een karakter, Marius, raak verlief op Cosette, wat nou al ‘n vrou is. Maar Marius se vriende sê vir hom dat sy liefde vir Cosette is kinderagtig. Daar is groter sake om voor te veg – naamlik die rebellie in Parys. Marius se een vriend sing:

Marius, you're no longer a child
I do not doubt you mean it well
But now there is a higher call.
Who cares about your lonely soul?
We strive towards a larger goal
Our little lives don't count at all!

Sy vriend sê vir hom om sy kinderagtige drome te laat vaar – dalk ook drome van ‘n kasteel in die wolke, van liefde en ‘n gesin in ‘n gelukkige huis.

En dan begin al Marius se jong vriende opgewonde saamsing, die refrein van die rebellie met hulle rooi en swart gekleurde vlae:

Red, the blood of angry men!
Black, the dark of ages past!
Red, a world about to dawn!
Black, the night that ends at last!

‘n Nuwe dag

Hulle veg vir ‘n nuwe dag wat sal breek. Hulle eie lewens maak nie meer saak nie, want hulle is bereid om te sterf vir hierdie nuwe toekoms. Hulle lewe vir ‘n hoop wat groter is en verder strek as hulle eie lewens.

Almal sterf

Maar al hierdie jongmanne sterf in die barrikade wat hulle opgestel het teen die Paryse soldate. Net Marius oorleef.

Na die slagting van al sy vriende, keer Marius terug na die plek waar al sy vriende opgewonde gesing het van die rebellie en mekaar opgesweep het om hulle lewens te gee vir ‘n saak groter as hulleself. Daar sing hy die lied: Empty chairs at empty tables.

There's a grief that can't be spoken,
There's a pain goes on and on.
Empty chairs at empty tables,
Now my friends are dead and gone.

Here they talked of revolution,
Here it was they lit the flame,
Here they sang about tomorrow and tomorrow never came.

From the table in the corner,
They could see a world reborn,
And they rose with voices ringing,
And I can hear them now
The very words that they have sung
Became their last communion
On this lonely barricade, at dawn.

Oh my friends, my friends forgive me
That I live and you are gone
There's a grief that can't be spoken,
And there's a pain goes on and on

Phantom faces at the window,
Phantom shadows on the floor,
Empty chairs at empty tables where my friends will meet no more.
Oh my friends, my friends don't ask me
What your sacrifice was for
Empty chairs at empty tables
Where my friend will sing no more.

Video: Les Miserables - Empty Chairs at Empty Tables Scene (full) - Eddie Redmayne.

            https://www.youtube.com/watch?v=eqqSa9n2ZQk

Kry nie wat beloof is nie

Hebreërs verwys ook hierna. Die mense wat nie gekry het wat beloof is nie. Die mense wat nooit die vervulling van die hoop gesien het, waarvoor hulle geveg het nie. En soos Marius worstel ons ook dikwels hiermee – waarvoor was hulle opoffering dan gewees?

Volgende genrarsie verbrou toekoms

Dit kan selfs nog erger wees. Ons wat nog leef kan dalk sien hoe die volgende generasies die toekoms wegsmyt; die toekoms verbrou waarvoor hulle voorouers so hard geveg en soveel opofferings gemaak het. En waarvoor was hulle opoffering dan gewees?

Barth 1946

In 1946, na die Tweede wêreldoorlog, in die puinhope van Duitse stede, het Karl Barth mense toegespreek, mense wat volgens hom, weer moes leer om te glimlag. Mense wat, soos Marius, sekerlik moes wonder: Waarvoor het my geliefdes hulle lewens verloor?

Geloofsbelydenis

In die puinhope, vroeg in die oggend, net voor die stootskrapers begin om met ‘n groot rumoer die rommel weg te sleep, het Barth gepreek – van alle dinge – oor die Apostoliese Geloofsbelydenis!

Gerusstel

Maar Barth het die mense gerus gestel: Moenie bekommerd wees as jy onseker is oor die gehalte van jou eie geloof nie. Die geloofsbelydenis sê niks daaroor nie. Al waaroor die geloofsbelydenis praat is oor die God in Wie ons glo.

God hou an ons vas

Hierdie God, het Barth gesê, hoef ons nie te vind en aan vas te hou in ons geloof nie. Want hierdie God het ons gevind en hou aan ons vas, ook in ons twyfel, kleingeloof en wanhoop.

Prof Smit

Prof Dirkie Smit van die Teologie fakulteit se afskeidsrede se titel was: Hope for even the most wretched? – met die kenmerkende vraagteken wat sy titels altyd vergesel het. Is daar hoop vir die mees ellendige mense op aarde – in die woorde van die Heidelbergse kategismus? Is daar hoop vir die mees misrabeles – kan ons maar vra, soos Les Mis?

Draai vraag op kop

Maar Dirkie Smit draai hierdie vraag op sy kop. Want ons dink waarskynlik aan die mense wat aan die kortste end getrek het van die geskiedenis, die armste van armes, die mees magtelose van magteloses, die slagoffers van onreg, misbruik, geweld en oorlog –ons dink aan hulle as die wretched – die ellendiges

Maar Smit vra of diegene wat aan die wen-kant van die geskiedenis gestaan het, die rykste van die rykes, die korrupste regeerders en besigheidsmanne die magtiges wat die koers van die geskiedenis bepaal, die oortreders van uitbuiting, mishandeling, geweld en oorlog – of hulle nie die mees ellendige – die wretched is nie? En is daar enige hoop, selfs vir hulle?     

Ja

Ja, antwoord Smit. Daar is selfs hoop vir daardie misrabele, ellendige mense, want geloof is juis die geloof dat mense en die wêreld kán verander. Geloof is juis om te glo dat mense nie hóéf te maak soos hulle nou maak nie en dat die wêreld nie hóéf te wees soos dit nou is nie.

Geloof kyk nie na wat ís nie

Geloof berus nie op hoe mense en die wêreld tans ís nie, maar op hoe mense en die wêreld kán wees. Geloof berus, volgens Hebreërs, op dit wat ons nié sien nie. Geloof is om die onsienlike God te sien, die onsienlike nuwe wêreld van God te sien, sê Hebreërs.

Weier om te aanvaar

En dit stel gelowiges in staat om te volhard, om nie geestelik moeg te word en uit te sak nie. Omdat ons eenvoudig weier om te aanvaar hoe mense tans ís, omdat ons eenvoudig weier om te aanvaar hoe die wêreld nou werk. Omdat ons in die verte, met die oë van geloof, sien hoe die wêreld kán wees, hoe mense kán maak.

Doop = nie gekiedenis nie

Dit is wat ons doop ook sê. Die doop sê dat ons identiteit nie bepaal word deur ons geskiedenis, deur ons gene en deur ons omstandighede nie. Want ons het gesterwe en saam met Christus opgestaan.

Doop = toekoms

Die doop sê dat ons identiteit word bepaal deur die toekoms. Deur wat ons kán wees in Christus. Ons woon op hierdie aarde, maar ons leef anders op hierdie aarde, want ons is al reeds burgers van die nuwe aarde.

Nie werklikhede nie, maar moontlikhede

Ons gedrag word nie bepaal deur die harde werklikhede van hierdie wêreld nie, maar deur die oneindige moontlikhede van God se nuwe wêreld.

Ons leef vir more

Ons leef vir ‘n more, ‘n more wat ons nie in ons eie leeftyd volledig sal sien nie. Miskien, as ons gelukkig is, sal ons klein tekens daarvan sien, vlietende oomblikke daarvan ervaar, proeseltjies daarvan proe. Maar ons leef vir ‘n more waarin God se koninkryk sal kom, waarin God se wil sal geskied, op die aarde, soos in die hemel.

Die moeite werd

Want al sien ons nie in ons eie leeftyd die volkome vervulling van God se nuwe wêreld nie, is dit die enigste wêreld wat die moeite werd is om voor te leef, dit is die enigste wêreld waarvoor dit die moeite werd is om te sterf. 

Jean Valjean sterf

As die hoofkarakter van Les Mis, Jean Valjean, sterf, hoor ons in die slotlied hoe almal wat reeds gesterf het, sing:

Do you hear the people sing?
lost in the valley of the night
it is the music of a people who are climbing to the light
for the wretched of the earth
there is a flame that never dies
even the darkest nights will end and the sun will rise

they will live again in freedom in the garden of the lord
they will walk behind the bloodshed
they will put away the sword
the chain will be broken and all men will have their reward!

will you join in our crusade?
who will be strong and stand with me?
somewhere beyond the barricade is there a world you long to see?
do you hear the people sing?
say, do you hear the distant drums?
it is the future that they bring when tomorrow comes!
tomorrow comes!

Video: Les Misérables 2012 - Ending

https://www.youtube.com/watch?v=7dFIz5ZG4DQ

 

Last changed: Aug 19 2019 at 8:33 AM

Back