Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Lees preke

13 Oktober 2019 Dr Tinus van Zyl Klassieke Diens

Posted by Administrator (dbvgadmin) on Oct 14 2019
Lees preke >>

Klassieke diens – 12 Oktober 2019

Klaggebede – Jeremia 8

Skriflesing:                Jeremia 8:4-11, 18 – 9:1

Verdi

Die Italianer, Giuseppe Verdi, het in 1842 vir die Opera Nabuccu die lied gekomponeer “Va pensiero”, wat ook genoem word “Die koor van die Hebreeuse slawe”.

In die Opera word hierdie libretto gesing deur die ballinge in Babel, wat huil oor Sion. Die woorde is geïnspireer deur Psalm 137:1 “By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink.”

Va, pensiero - "Chorus of the Hebrew Slaves" (Giuseppe Verdi)

Go, thought, on wings of gold;
go settle upon the slopes and the hills,
where, soft and mild, the sweet airs
of our native land smell fragrant!

Greet the banks of the Jordan
and Zion's toppled towers...
Oh, my country, so beautiful and lost!
Oh, remembrance, so dear and so fatal!

Golden harp of the prophetic seers,
why dost thou hang mute upon the willow?
Rekindle our bosom's memories,
and speak to us of times gone by!

Either, akin to the fate of Jerusalem,
give forth a sound of crude lamentation,
or let the Lord inspire you a harmony of voices
which may instill virtue to suffering.

Video:             https://www.youtube.com/watch?v=2VejTwFjwVI&app=desktop

Giuseppe Verdi - Nabucco - Hebrew Slaves Chorus

Die laaste vers vertaal ek vry:

Elkeen, geraak deur die lot van Jerusalem

bring voort ‘n klank van kru klaaglied,

of laat die Here jou inspireer tot ‘n harmonie van stemme

wat ‘n deug laat vaslê vanuit lyding

I told you so!

As daar enige iemand was wat vir die volk sou kon sê: I told you so!, nadat Jerusalem vernietig is en die leiers van die volk in ballingskap weggevoer is, dan was dit Jeremia.

Nie mooiweersprofeet nie

Jeremia was nie een van die baie mooiweersprofete wat gesê het: Alles is reg nie! Jeremia het die volk gewaarsku dat hulle op ‘n ramp afstuur, dat hulle ook soos die Noordelike ryk in ballingskap weggevoer gaan word.

Selfversekerd

Maar hulle was so selfversekerd. Juis ook omdat die Noordelike ryk in ballingskap weggevoer is en hulle nie. So die Suidelike ryk het gedink: Die Here het ons beskerm!

Jeruslaem sal nie val nie

Die Here sal nooit toelaat dat Jerusalem – waar die koningshuis van Dawid is, waar die tempel is, waar die ark van die Here met die wet in is – die Here sal nooit dat ons ingeval word nie.

Die Here sal beskerm

Soos die Here ons in die verlede beskerm het teen die Assiriërs, so sal die Here ons ook beskerm teen die Babiloniërs.

Valse vrede

Godsdiens en geloof kan soms ‘n valse vrede bring. Dit kan ‘n mens daarvan verhoed om die werklikheid vierkantig in die oë te kyk. Godsdiens en geloof kan jou blind maak vir jou eie sonde, vir jou eie aandadigheid aan dit wat verkeerd is in die samelewing.

Ons het die wet!

Soos die volk kan ‘n mens sê: Maar ons het die wet van die Here! Ons het die Woord van die Here. Maar dan beteken dit nog nie dat ons luister en gehoorsaam is aan die Woord van die Here nie.

Selfs priesters en profete

Jeremia sê dat die bedrog loop so diep in die volk se weefsel dat selfs die priesters en profete hulleself verryk. Die volk bedrieg eintlik hulleself met hulle godsdienstigheid en geloof. Deur hulle godsdienstigheid en geloof ontken hulle die werklikheid en verontskuldig hulle hulleself van hul eie sonde.

Goeie rede

So toe die Babiloniërs die Suidelike ryk inval, Jerusalem en die tempel vernietig word, en die leiers van die volk in ballingskap weggevoer word, het Jeremia baie goeie rede gehad om te sê: I told you so!

Ek het julle gewaarsku

Ek het julle gewaarsku, maar julle wou nie luister nie. So moenie nou by my kom huil nie. Boontjie kry sy loontjie!

Jeremia doen dit nie

Maar Jeremia doen nie dit nie. Jeremia huil saam met die volk. Jeremia treur oor die volk.

9:1 1 “Ag, was my kop maar vol water en my oë 'n fontein met trane, dan sou ek dag en nag huil oor my volksgenote wat gesneuwel het.” 

Nie verdoesel of versag nie

Dit beteken nie dat Jeremia nou ewe skielik die sonde van die volk verdoesel of versag nie. Nee, Jeremia is steeds baie reguit oor die volk se sonde. Maar hy doen dit nie vanuit ‘n morele hoërgrond nie. Hy doen dit nie met ‘n beterweterige hoogmoed nie. Hy doen dit in solidariteit met die volk se ellende. Hy doen dit terwyl hy saam met hulle huil.

Wegdraai en omdraai

Die beelde waarmee Jeremia die volk se sonde skets, is eintlik bsenders. Jeremia vra heeltyd die vraag: Hoe is dit moontlik dat ‘n volk heeltyd kan aanhou om weg te draai, weg te draai, weg te draai van God, en dat hulle nooit terugdraai nie?

Natuurbeelde

In die natuur sien ons tog hoe die trekooievaar, die tortelduif, die swaeltjie en die kraanvoël telkens terugkeer na hulle huis. Maar hoe kan ‘n volk net volhardend wegdraai van God af en nooit terugdraai nie, nooit berou hê oor hulle sonde nie?

Perd

En dan gebruik Jeremia ‘n mooi beeld om dit te verklaar, weer uit die natuur. Die beeld van ‘n perd. Jeremia sê: “Elkeen breek met vaart van My af weg soos 'n perd uit 'n geveg wegstorm.”

Sonde soos perd

My pa het al dikwels die beeld gebruik om die sonde te beskryf. Hy het gesê die sonde is soos wanneer ‘n ruiter met ‘n perd stap en dan bietjie draf en dan begin galop en dan later hardloop jy met die perd.

Die perd hardloop

Tot op die punt wat jy ewe skielik besef, die perd hardloop nou met my. Ek hardloop nie meer met die perd nie – die perd hardloop nou met my.

Samelewing

Hoe waar is dit nie van ons samelewing nie. Dit is asof die dinge wat ons self begin het en gemaak het, nou met ons weghardloop en ons weet nie hoe om dit te stop nie.

Ekonomie

‘n Ekonomiese sisteem wat net meer en meer groei en opgeblaaste winste vra, maar die armes bly agter en die aarde word verwoes. Selfs die slimste ekonome erken dat hulle nie weet hoe om hierdie weghardloopperd onder beheer te bring en ‘n beter rigting te stuur nie.

Klaggebede help

En dit is hoekom Jeremia se klaggebede ons so baie kan help in vandag se tyd. Want dit help nie om net ‘n vinger te wys na die regerings en groot maatskappye van die wêreld en te sê: Dit is julle skuld nie.

Magteloos

Eintlik is hulle net so magteloos soos ons! Hulle weet ook nie hoe om hierdie weghardloopperd onder beheer te bring nie.

Erken én bely

Wat klaggebede soos Jeremia se gebed doen, is dit help ons om ons eie magteloosheid voor God te erken, én om ter selfdertyd ook ons eie aandadigheid aan hierdie gemors te bely.

Ons is deel

Ons is deel van hierdie sondige wêreld. Ons het ook die perd aangehits om vinniger en vinniger te hardloop. En nou weet ons self nie hoe om hierdie perd te stop nie. 

Kla by vriende

Klaggebede is anders as om te kla by ons vriende by ‘n braai. Wanneer ons kla by ons vriende by ‘n braai, is ons gewoonlik besig om ander mense te blameer vir ons probleme en om onsself te verontskuldig.

Kla by God

Maar wanneer ons by God kla, dan raak die gesprek ernstig. Dan kan ons nie onsself verontskuldig en al die blaam op ander afskuif nie. Want God ken ons deur en deur. So as ons ons klagtes na Gód toe bring, dan moet ons ook ons eie aandeel met berou bely.

Meer as bely

Maar klaggebede gaan ook verder as om net ons sonde te bely. Soms kan ‘n mens so in sak en as gaan sit oor jou sonde, dat jy eintlik heeltemal verlam raak daardeur. ‘n Mens kan so waardeloos en nutteloos voel, dat jy sommer op ‘n hoop gaan sit en jouself jammerkry – en dit help niemand nie.

Klaggebede gaan verder

Klaggebede gaan verder as sondebelydenis. Dit ontbloot jou totale magteloosheid en weerloosheid voor God toe. Dit probeer nie om jouself aan jou hare uit die modder uit te trek nie, maar dit maak ‘n oorgawe aan God en verklaar voor God: U alleen kan ons red, Here. U alleen kan ons verlos en bevry van onsself en van ons eie domonnoselheid.

Gee beheer af

Klaggebede weerstaan die versoeking om beheer van die situasie te wil neem en om in ons eie krag die wêreld te probeer red. Dit maak ‘n oorgawe aan God.

Gaan ook oor aksie

Klaggebede help ons ook om oor te gaan in aksie, om verantwoordelikheid te neem vir ons dade, maar dan aksie wat ‘n re-aksie op die aksie van God; dan verantwoordelikheid wat ant-woord is op die Woord van God.

Reageer op God

Klaggebede erken dat God alleen ons kan red, en daarom is al ons dade en aksies, ons ganse lewe, ‘n antwoord, ‘n respons op God wat die eerste tree, God wat die inisiatief neem, God wat getrou bly – al was ons ontrou.

Trek ons na mekaar toe

Klaggebede help ons ook, want dit bring nie verdeling en ‘n afstand tussen diegene wat ly nie, maar trek mense in hulle nood na mekaar toe.

Verdeeldheid

So dikwels gebeur dit dat wanneer dit swaar gaan met mense, dan begin mense veg vir hullself en vir hulle eie groep, en dit bring dit verdeeldheid, bitterheid en haat tussen mense.

Slagoffers en oortreders

Ons kan so maklik mense verdeel en sê: Ons is die onskuldiges en julle is die skuldiges. Ons is die slagoffers en julle is die oortreders. Ons is die goeies en julle is die slegtes.

Almal in nood

Maar klaggebede trek mense in hulle nood na mekaar toe. Dit verdeel mense nie ‘n groepies met etikette nie. Klaggebede trek ons almal na mekaar toe in ons nood en skuld en magteloosheid voor God.

My volk se wonde

Daarom, al kon Jeremia sy hande in onskuld was en ‘n vinger van blaam na sy volksgenote wys, sê hy:  21 “My volk se wonde is ook my wonde.”

Pres Ramaphosa

President Cyrli Ramaphosa het by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela op die volgende manier hulde gebring aan iemand, wat op geen manier perfek was nie, maar wat ook soos Jeremia die wonde van ons land gedra het in haar eie wonde. Pres Ramaphosa het onder andere gesê:

We must also recognise our own wounds as a nation. We must acknowledge that we are a society that is hurting‚ damaged by our past‚ numbed by our present and hesitant about our future. This may explain why we are easily prone to anger and violence.

Many people saw Mam’ Winnie as their mother because her own wounds made her real and easy to relate to. It is only when you experience real pain yourself that you can recognise it in others and offer comfort.

That is what Mam’ Winnie did for decades‚ particularly when she stood alone as a bulwark against the apartheid regime‚ when she wiped away people’s tears‚ carried their coffins and inspired violence-fatigued communities to carry on.

Mam’ Winnie was a witness to the truths and horrors of our nation‚ not only because of her own hardships but because of her courage. Like the women who went to Jesus’s tomb after the men ran away‚ she was perpetually in the trenches‚ never afraid that it would be too much for her to bear.

Hurt people hurt people

In ‘n wêreld waar daar soveel seer is, kan ons so maklik vanuit ons seer reageer en mekaar net nog seerder maak in die proses. Daar is ‘n Engelse sê-ding: Hurt people, hurt people. Mense wat seergemaak is, maak ander mense seer.

Genesing vir ons wonde

Maar wanneer ons ons seer in klaggebede na die Here toe bring, kan dit ons help om genesing vir ons wonde te kry. Dit beteken nie ons wonde verdwyn nie. Nadat Jesus uit die dood uit opgestaan het, het Hy steeds sy wonde gehad. Maar geneesde wonde kan genesing bring vir ander.

Richard Rohr

Die teoloog Richard Rohr sê wonde wat nie genees is nie, maak dat ons ons pyn ontken, vermom en dan projekteer op ander. Hy sê: “If we do not transform our pain, we will most assuredly transmit it.” As God nie ons pyn omvorm nie, sal ons ons pyn oordra aan ander.

Heilige wonde

Maar, sê hy, ás ons ons wonde na God bring vir genesing, kan dit heilige wonde word. Wonde wat weer ‘n balsem kan wees vir iemand anders.

Wounded healers

Dan kan ons, soos Henri Nouwen gesê, Wounded healers raak, mense wat vanuit ons eie wonde vir ander genesing bring.

Dit is nie maklik nie

Dit is nie maklik. Richard Rohr erken dat hy self eerder sy wonde beskou as ‘n struikelblok en ‘n skande – ‘n verleentheid waarvan hy so gou as moontlik ontslae wil raak.

Wonde as gawe

Dit is lang, lang reis om jou wonde te begin sien as ‘n gawe, as ‘n geskenk en ‘n geleentheid dat God deur jou kan werk om vir ander ‘n balsem te wees. 

Malcolm Guite

Malcolm Guite is ‘n digter wat 14 sonnette geskryf het vir die 14 stasies van die kruis. En hy skryf die volgende sonnet oor die vroue van Jerusalem wat vir Jesus ontmoet.

VIII Jesus meets the women of Jerusalem

He falls and stumbles with us, hurt again

but still he holds the road and looks in love

on all of us who look on him. Our pain

as close to him as his. These women move

compassion in him as he does in them.

He asks us both to weep and not to weep.

Women of Gaza and Jerusalem,

women of every nation where the deep

wounds of memory divide the land

and lives of all your children, where the mines

of all our wars are sown: Afghanistan,

Iraq, the Cote d’Ivoire…  he reads the signs

and weeps with you and with you he will stay

until the day he wipes your tears away.

Amen.

Last changed: Oct 14 2019 at 12:20 PM

Back