Kleingroepe is die primêre plek waar ons gemeentelede vir mekaar sorg en ondersteun.
Kontak die kerkkantoor as jy wil inskakel by 'n kleingroep: 021 975 6370
Sewe weke reeks:
Drie maal God
God vir ons I God by ons I God in ons
Ken jy vir God? Werklik?
Is dit moontlik om vir God te ken? Of is ons enigste
leidrade maar net vae gevoelens, subjektiewe opinies en mistieke belewenisse?
Deesdae praat mense baie oor geloof, dissipelskap en spiritualiteit, maar eintlik nogal min oor God. Dit is natuurlik baie belangrik om te praat oor ons geloof, dissipelskap en spiritualiteit, maar dan moet ons ook weet Wie die God is waarin ons glo, Wie die Here is wat ons navolg as dissipels en Wie die Gees is wat in en deur ons werk.
Die Bybelstudiegids is bestelbaar by die kerkkantoor teen R50. Kontak vir Alrina by die kerkkantoor (021) 975 6370 in u wil bestel.
Mag hierdie reeks ons help om in ‘n dieper, ryker en voller verhouding met die drie-enige God te leef. Mag ons toenemend beleef dat die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God ons Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees by ons is.