Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Begrafnisse

Indien u 'n begrafnis/ roudiens/ gedenkdiens wil reel, kontak gerus die kerkkantoor by (021) 9756370.

Skakeling met die leraar: Kontak heel eerste 'n leraar van u keuse. Hy is die eerste kontakpersoon en sal meestal ook reeds weet as iemand ernstig siek is.

Die gesin/familie bespreek met hom die praktiese aspekte van die begrafnis.  Die leraar sal aan die gesin die leiding verskaf ivm die nodige reëlings.

Begrafnisondernemer:  U kontak self 'n begrafnisondernemer van u keuse.

Tyd: Bepaal in samewerking met die kerkkantoor en die leraar die gepaste datum en tyd.

 

Dae en tye wat beskikbaar is vir teebediening by die Gemeentesentrum:-

- Maandae 10:00 tot 13:00

- Woensdae 15:30 tot 18:00

- Vrydae 10:00 tot 13:00

 LW.  Daar is 'n span in die gemeente wat hulp verleen met die bediening van die tee.  Kontak gerus die kerkkantoor.