(Gedurende skoolkwartale)
Daar word van die Kerkkantoor se SMS-stelsel gebruik gemaak om die versoeke na alle bidders deur te stuur. Versoeke kan anoniem of met besonderhede deurgegee word na die Kerkkantoor. Die krag van christene se gebede moet nooit onderskat word nie. Ons glo werklik dat gebed ‘n verskil kan maak en dit is ook die fondament van elke persoon en veral van die kerk en die gemeente. Daarom is daar verskeie gebedsgroepe binne die gemeente. Indien jy hier wil inskakel, kontak asb. die Kerkkantoor.
Rig asseblief enige versoeke aan die Kerkkantoor by 021 975 6370 of ontvangs@durbanvillegemeente.co.za.